Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck se Moderne Aanlyn winkel,
Jan Kas
Koop skoolklere aanlyn, of besoek gerus ook ons nuwe winkel in persoon.
Winkelure:
MAANDAE & WOENSDAE: 07:00 - 08:30
DINSDAE & DONDERDAE: 13:00 - 14:30
Hoe werk Jan Kas?
Waar is die Jan Kas instapwinkel?
Aan die voorkant van die skool, af by die trappies.
Hoe lank kan ek items in my mandjie hou?
Na 'n item in jou mandjie geplaas is het jy 60 minute om daarvoor te betaal.
Items kan nie vir 'n onbepaalde tyd in jou mandjie gebêre word nie.
Is dit moontlik om items te bestel wat uit voorraad is?
Geen bestellings kan gemaak word indien daar nie voorraad beskikbaar is nie.
Hoe sal ek weet wanneer 'n item weer in voorraad is?
Indien 'n item uit voorraad is, het jy die opsie om vir 'n "Terug in Voorraad" kennisgewing in te teken. Sodra die item weer in voorraad is, sal jy per e-pos in kennis gestel word.
Kan ek 'n bestelling d.m.v. e-pos, telefoon of in persoon plaas, sonder om te betaal?
Bestellings word slegs aanvaar wanneer betaling onmiddellik deur die Jan Kas aanlyn winkel of die winkel self gemaak word.
Indien ek 'n aanlyn bestelling afgehandel het, hoe weet ek wat ek bestel het?
Jy sal 'n outomatiese e-pos vanaf die winkel ontvang met volledige besonderhede daarop aangedui.
Hoe werk aflewerings indien ek aanlyn bestel het?
Maak seker jy vul jou kind se naam in op die aanlyn bestelvorm.
Klere sal binne 2-3 dae aan leerders afgelewer word. 'n E-poskennisgewing sal aan jou gestuur word sodra die pakkie aan die leerder oorhandig is.
Hoe ruil ek iets om wat ek aanlyn gekoop het?
Gaan binne 7 dae na die aankope na die Jan Kas instapwinkel, of stuur 'n e-pos aan jankas@jvrprim.co.za.
Kan ek klere teruggee en my geld terugkry?
Ons doen slegs omruilings.
Is dit moontlik om die klere in die winkel aan te pas?
Daar is 'n aanpashokkie in die winkel beskikbaar.
Ek wil 'n item omruil, maar die bedrag verskil.
Indien die bedrag van die nuwe item meer is, kan jy die verskil by die winkel betaal. Indien die bedrag minder is, sal die geld in jou beursie op die aanlyn winkel lê.
My kind het 'n item gedra wat ek nou wil omruil. Sal ek dit steeds kan teruggee?
Indien die item al gedra is, sal ons dit ongelukkig nie kan terugvat nie en sal dit as 'n tweedehandse item geld.
Kan ek my tweedehandse items aan die klerewinkel verkoop?
Ons koop nie tweedehandse items terug nie.
Mag ek die winkel of ontvangs vir navrae bel?
Ons kommunikeer slegs d.m.v. e-pos: jankas@jvrprim.co.za
Word EFT of kontantbetalings aanvaar?
Jy kan slegs in die aanlyn winkel of d.m.v. kaartfasiliteit in die instapwinkel betaal.