Welkom by Laerskool Jan van Riebeeck se Moderne Aanlyn winkel,

Jan Kas

Koop skoolklere aanlyn, of besoek gerus ook ons nuwe winkel in persoon.

Winkelure:
MAANDAE & WOENSDAE: 07:00 - 08:30
DINSDAE & DONDERDAE: 13:00 - 14:30
Slegs Kaartfasiliteite. Geen kontant nie.
      

Hoe werk Jan Kas?

 

Aan die voorkant van die skool, af by die trappies.

Na 'n item in jou mandjie geplaas is het jy 60 minute om daarvoor te betaal. 

Items kan nie vir 'n  onbepaalde tyd in jou mandjie gebêre word nie.

Geen bestellings kan gemaak word indien daar nie voorraad beskikbaar is nie.

Indien 'n item uit voorraad is, het jy die opsie om vir 'n "Terug in Voorraad" kennisgewing in te teken. Sodra die item weer in voorraad is, sal jy per e-pos in kennis gestel word.

Bestellings word slegs aanvaar wanneer betaling onmiddellik deur die Jan Kas aanlyn winkel of die winkel self gemaak word.

Jy sal 'n outomatiese e-pos vanaf die winkel ontvang met volledige besonderhede daarop aangedui.

Maak seker jy vul jou kind se naam in op die aanlyn bestelvorm.

Klere sal binne 2-3 dae aan leerders afgelewer word. 'n E-poskennisgewing sal aan jou gestuur word sodra die pakkie aan die leerder oorhandig is.

Gaan binne 7 dae na die aankope na die Jan Kas instapwinkel, of stuur 'n e-pos aan jankas@jvrprim.co.za.

Ons doen slegs omruilings.

Daar is 'n aanpashokkie in die winkel beskikbaar.

Indien die bedrag van die nuwe item meer is, kan jy die verskil by die winkel betaal. Indien die bedrag minder is, sal die geld in jou beursie op die aanlyn winkel lê.

Indien die item al gedra is, sal ons dit ongelukkig nie kan terugvat nie en sal dit as 'n tweedehandse item geld.

Ons koop nie tweedehandse items terug nie.

Ons kommunikeer slegs d.m.v. e-pos: jankas@jvrprim.co.za

Jy kan slegs in die aanlyn winkel of d.m.v. kaartfasiliteit in die instapwinkel betaal.

Mandjie
Rol na bo